Geskryf deur Dana Snyman
Regie deur Gerrit Schoonhoven
Mnr. Swart, beter bekend as “Donkie”, is die skoolhoof van Hoërskool Hans Oosthuizen. Sy goeie bedoelings ten spyt is hy reeds effe suf geslaan en gebombardeer.
Tydens Maandagoggend se saalopening moet hy boonop etlike nuwe uitdagings hanteer. Leerders se akademiese standaard het tydens die Covid-19-pandemie geweldig agteruitgegaan, onderwysers se moed lê laag in hulle skoene en die beheerliggaam is geensins tevrede met sy hantering van die Black Lives Matter-beweging nie. Ten minste is hordes eksemplare van die skool se 80-jarige herdenkingsboek darem gedruk.

Spesiale aanbiedings vir skole besprekings
Met die toneelstuk wat afspeel tydens Maandagogend se skool saalopening, is die stuk die perfekte opkikker vir jou skool se volgende funksie. Besprekings vir skole word teen ‘n verminderde prys aangebied, bespreek vertoning om plaas te vind in jou skool se saal.
Los gerus u kontak besonderhede indien u ‘n bespreking wil maak.